
VOORWOORD
VISIE
Hartlik welkom by Elsparkie Kleuterskool!
Hier is ons fokuspunt die totale ontwikkeling van elke kleuter as unieke, klein mensie. Ons wil dus u kleuter ontwikkel op verstandelike, emosionele, kreatiewe en liggaamlike gebied.
Dit wil ons bereik binne die raamwerk van dissipline, roetine en ‘n Christelike waardesisteem.
Ons neem jou kleuter saam op ‘n ontdekkingsreis van kennis, sang, musiek, kreatiewe werk en liggaamlike ontwikkeling. Ons wil ons kleuters toerus en help om te groei en ontwikkel in kennis, vaardighede en selfvertroue.
By Elsparkie Kleuterskool bied ons aan jou kleuter kwaliteit onderwys.
ELSPARKIE KLEUTERSKOOL VIR DIE BESTE BEGIN!
KLEUTERSKOOLHOOF: Tuanette Botha
By die kleuterskool maak ons dié visie ons eie om sodoende elke kleuter tot sy/ haar volle potensiaal te ontwikkel en voor te berei vir Gr. 1.
Elsparkie Kleuterskool se Pre-primêre afdeling bied u…
- Toegewyde personeel
- Veiligheid en sekuriteit
- Eie speelarea, klaskamers en toilette
- Snoepie
- Opvoedkundige uitstappies
- Pretdae
- Kleuterskool-revue
- Sang, beweging en dans
- Kunsprojekte
- Groot motoriese ontwikkeling
- Gradeplegtigheid (slegs Gr. R)
- Addisionele aktiwiteite
- Verantwoordelike finansiële bestuur
- Opvoedkundige hulpdienste by die skool
(in skoolure):
Opvoedkundige sielkundige
Arbeidsterapeut
Spelterapeut
Spraakterapeut
Elsparkie Kleuterskool beskik oor ‘n Naskoolsentrum wat ook na die kleuters omsien vanaf 13:30 – 17:30.