NETBAL

MINI-NETBAL

By Laerskool Elspark is mini-netbal pret!

Ons mini-netbal is vir alle Gr. 1 – 3 dogters wat ʼn belangstelling in netbal toon.

Deur pret en speel ontwikkel die dogters belangrike bal- voet- en hand-koördinasie vaardighede om sommer gou die fondasie vir netbal kennis vas te lê.

Daar is ʼn plekkie vir elke dogter en ons skool pronk by sommige ouderdomme tot en met vier spanne! Oefentye en kleredrag word in die omsendbrief deurgegee.

“The more, the merrier”

NETBAL

Laerskool Elspark neem deel aan die A-liga en lewer kompeterende, hoë gehalte netbal.

Ons het passievolle afrigters vir al ons A, B en C spanne en beoog om ʼn liefde vir netbal in elke dogter te kweek en uit te leef.

Ons spog met ons mooi fasiliteite en vyf weervaste netbalbane.

Ons afrigters en skeidsregters is van top gehalte met 12 nationale skeisregters en ‘n Gauteng skeisregter wat die provinsie verteenwoordig by GSS Telkom Camps toernooi. Ons handhaaf ook op die stadium ‘n 80-90% wen syfer.

Kom wees deel van #Elsienetbal #Elsietrots!

Oefentye en wedstryde word op die kwartaalprogram en in die omsendbrief deurgegee.

Vir meer inligting kontak
sanet@elsies.co.za.

ONS NETBAL SPELERS