ADDISIONELE AKTIWITEITE

 

Daar word ‘n aantal addisionele aktiwiteite vir u kleuter aangebied deur buite-instansies. Al die aktiwiteite word weeksdae tussen 12:00 en 13:00 aangebied. Alle gelde vir die aktiwiteite moet direk in die betrokke aktiwiteit se rekening inbetaal word. Die kleuterskool hanteer geen gelde van die buite-instansies nie. U sal in Januarie ‘n prospektus van elke aktiwiteit ontvang en al die kleuters sal ‘n geleentheid kry om ‘n demonstrasie les by te woon. Die aktiwiteite begin amptelik 1 Februarie.

Hierdie is nie ingesluit by die skoolgeld nie!

Maandag:
Monkey Nastix
Music Minds

Dinsdag:
Playball
Kyrios 4 Kids (drama)

Woensdag:
Rugga Rugby
Sporty Girlz

Donderdag:
Tumbling Tigers