INLIGTING
Skooltye
- Normale skooltye is vanaf 08:00 tot 13:00.
Kinders kan reeds tussen 07:00 tot 07:45 afgelaai word, sodat almal betyds is en die hekke gesluit kan word vir veiligheid van ons kleuters. - Moet asb. nie die kinders voor 13:00 kom haal nie. Daar is ‘n wagklas beskikbaar tot 13:30.
- Aan die einde van die kwartaal sluit die skool om 10:00.
Kleuters se klere
- Ons het ‘n klerebank by die kleuterskool wat kledingstukke, oud en soos-nuut verkoop teen R10 elk.
- Die kleuterskool klere is beskikbaar by Peephole (Tel: 011 892 4060) by Market Straat, Boksburg.
- Die somerklere bestaan uit ‘n koningsbou T-hemp met die Gr-R logo op met ‘n swart kortbroek.
- Die wintersklere bestaan uit ‘n sweetpak en ‘n swart T-hemp.
- Maak asseblief seker dat alle artikels (ook skoene en kouse) duidelik gemerk is.
Gr.000 kleuters moet ‘n ekstra stel klere en onderklere in hul tasse hê.
Ekstra inligting
- Ons versoek dat kinders slegs R20 snoepiegeld bring op Vrydae vir lekkers.
- Kinders moet gesonde kos in hul kosblikke kry op ‘n daaglikse basis, lekkers word slegs op Vrydae toegelaat.
Rapporte:
- 1ste kwartaal ontvang ouers ‘n vorderings verslag om te sê hoe kinders aangepas en gevorder het.
- 2de kwartaal ontvang ouers ‘n volledige rapport.
- 3de kwartaal geen rapporte weens die revue.
- 4de kwartaal ontvang ouers weer ‘n volledige rapport.
Benodighede
Die volgende items moet asseblief op die eerste skooldag saamgestuur word:
- 1 x Wet wipes
- 1 x Boks Tissues
- 1 x Vloeibare handseep
- 1 x Pakkie pleisters
Elke kleuter moet ook vir ons n legkaart skool toe bring:
- 4 jariges – 12 – 24stuk
- 5 jariges – 25 – 50 stuk
- 6 jariges – 50 – 100 stuk
Dankie vir U samewerking in die verband.
Sekuriteit
Reëlings vir toegang tot Kleuterkool
- Die hekke van die kleuterskool sal oop wees van 07:00 – 08:30 soggens en dan weer van 13:00-13:30 in die middae. Indien U, U kleuter vroeër wil kom haal, reël asseblief vroegtuidig met die klasonderwyseres of skakel die kantoor by (011) 893 – 2024.
Op-en aflaai van kleuteres
- Ons wil ouers vriendelik versoek om hulle kleuters soggens tot by sy/haar klas te neem en in die middae daar te kom haal. Geen kleuter mag alleen by die hek gelaat word nie. Indien U nie die oorspronklike reëling ten opsigte van die op-en aflaai van U kleuter kan nakom nie, stel ons asseblief skriftelik in kennis wie U kleuter sal kom afhaal.Dankie vir U samewerking in die verband.
Kommunikasie
PERSONEEL
- U kan die personeel via die kantoor kontak, indien nodig, kan U ‘n afspraak maak met die personeellid maak om haar te kom sien.
OMSENDBRIEWE
- U sal maandeliks ‘n Kleuterskoolnuusbrief ontvang waarin die tema’s, uitstappies, aktiwiteite en belangrike datums vir die maand aan U deurgegee sal word.