ATLETIEK

INLIGTING OOR ATLETIEK 

Atletiek is vandag so ʼn kort tydjie deel van ons sillabus, maar by Laerskool Elspark bly dit nog steeds ʼn deelnemende prioriteit met afrigters wat gereeld op kursusse van hoë gehalte gaan om hul kennis te verbreed sodat ons ons atlete met net die beste afrigting en metodes kan help om hul potensiaal te bereik.

Ons bied onderskeie items aan naamlik hoogspring, verspring, gewigstoot, naellope, hekkies en middelafstande – ons ‘langasems’. Leerlinge van so jonk as O/9 kan reeds deel word van Laerskool Elspark se langasems. Kompetisie tyd is gedurende Kwartaal 3 en ons neem met groot sukses aan ligawedlope deel.

So, kom word deel van die wenspan saam met Laerskool Elspark – Die skool vir kinders!

ONS ATLETE